Verlede week was 'n opwindende week vir Olivia. Nie net het sy 5 maande oud geword nie, sy het ook begin om baie om te rol, op haar eie te sit vir 'n minuut of wat en haar eerste tand het sy verskyning gemaak. Sy's baie chuffed met haarself.
Olivia het begin met vaste kos en geniet dit baie. Sover het sy patat, botterskorsie, wortel, murgpampoentjie en pruimedante gekry. Haar gunsteling was botterskorsie, sekerlik omdat dit 'n besonderse soet een was.
Olivia sukkel bietjie met slaap op die oomblik. Maar elke nou en dan verbaas sy my en pass onverwags uit, soos hier terwyl ons besig was om die skottelgoed te was :-)
gister was soos somer in kaapstad en ek en olivia het in newlands forest gaan stap. daar was glimlagte, toe trane, toe 'n voeding op 'n boomstomp in die bos en uiteindelik 'n oggendslapie in haar ma se arms. alles baie opwindend.