19 November 2014

livvie word ge-ricksha deur newlands forest





mylpale

Verlede week was 'n opwindende week vir Olivia. Nie net het sy 5 maande oud geword nie, sy het ook begin om baie om te rol, op haar eie te sit vir 'n minuut of wat en haar eerste tand het sy verskyning gemaak. Sy's baie chuffed met haarself.

2 November 2014

oupa jantjies en ouma johna met hul jongste twee kleinkinders


yum yum yum murgpampoentjie!

Olivia het begin met vaste kos en geniet dit baie. Sover het sy patat, botterskorsie, wortel, murgpampoentjie en pruimedante gekry. Haar gunsteling was botterskorsie, sekerlik omdat dit 'n besonderse soet een was.

16 October 2014

piekniek in kirstenbosch

Olivia en haar nefie Lukas

Somer is piekniek tyd in die Kaap, hier is ons saam met die Giliomee-Le Roux's

vier maande oud!



tee- en badtyd op die stoep



30 September 2014

Slaap

Olivia sukkel bietjie met slaap op die oomblik. Maar elke nou en dan verbaas sy my en pass onverwags uit, soos hier terwyl ons besig was om die skottelgoed te was :-)

21 September 2014

drie maande oud


Olivia se eerste uitbundige skaterlag

Chit chat met Ouma Pixie (ouderdomsverskil: so min of meer 90 jaar)

24 August 2014

sling sittertjie


table mountain drive

Onder Tafelberg is 'n stuk pad wat toe is vir verkeer. Dis die ideale plek vir skateboarding, fietsry en pram stoot.

My twee bergies.

kaapstad xxx